2 OSEANE NUUS - Tel/Faks: 028 435 6095 - SEL 0726980012 E-pos2oseanenuus@zazu.co.za
Die nr. 1 KONTREIBLAD vir STRUISBAAI - AGULHAS EN BREDASDORP EN OMGEWING
ADVERTEER - EN VERTEL DIE MENSE WAT OP JOU RAKKE OF WAT SE DIENS JY BIED!
Ook: Besigheidskaartjies – Biljette – Noem dit ons druk dit!
---------------------------------------------------------
GREAT WHITE ATTACK Kevin McGhie, son of Max McGhie of Heidelaan, Struisbaai and four friends had an encounter with a 4½-metre great white shark whilst spear fishing just past the Agulhas pinnacles from the boat Mikayla on the 22nd of June. While surfacing from a 14-metre dive he was stopped three metres from the surface by this great white shark. He was about to surface when the shark came out of nowhere and latched onto his flipper, it then let go and surged up between his legs. By that time Kevin had reached the surface and called out to his friends on the boat. The divers on the boat saw the tail of the shark thrashing the surface and they thought Kevin was being eaten. Its pectoral fin caught him under the arm and rolled him over dislodging his mask and snorkel. He managed to get the point of his spear against the shark’s eye. It then broke away and attacked again from the front but Kevin rebuffed it again by poking the spear at its nose managing to keep it away. His friends were then able to pull him unharmed into the boat.
INWONER BYNA R2000 KWYT Baie verligte inwoner van Struisbaai se geloof in haar medemens is van deesweek herstel, toe mnr Dirk de Jongh gewys het dat integriteit vir sommiges nog saakmaak. Die dame het geld by die OTM onttrek en nog ‘n banktransaksie waarin sy ‘n saldo navraag gedoen het, onderneem. Sy het per abuis nagelaat om die geld - R2000 in kontant - uit die geldgleuf te neem. Tuis het sy haar fout agtergekom en na ‘n vervaarde soektog in haar bakkie is sy na die OTM terug, maar sonder sukses. Navrae by die betrokke winkel het ook niks opgelewer nie. Moedeloos is die Polisie genader en groot was die verbasing toe hul die goeie nuus bring dat mnr Dirk de Jongh die geld in die OTM se gleuf gevind en by hul ingehandig het! “Ek het gedink ek sal nooit weer daai geld sien nie. Ek is so verlig en dankbaar teenoor mnr de Jongh,” het die verligte dame gesê. In ‘n tyd waar korrupsie en ‘n gebrek aan etiese optrede eerder die norm as die uitsondering geword het,verdien mnr Dirk de Jongh ‘n opregte woord van dank. Die dame kan haarself gelukkig ag dat die geld gevind is deur ‘n man met ‘n eerlike karakter, het Insp Januarie gesê. Nie net het hy die dame se geld terugbesorg nie, maar het hy ook heelwat inwoners se geloof in hul medemens herstel. Die Polisie het klante gewaarsku om groot versigtigheid aan die dag te lê wanneer hul ‘n OTM gebruik, aangesien gelukskote soos dié een nie gereeld gebeur nie. ‘n Groot woord van dank aan die OK bestuurder en Dirk de Jongh!
CHIRON ELECTROSERVE NOU OOP Chiron Electroserve het in die Oudewerfgebou, Hoofweg, L’Agulhas geopen. Hulle lê hulle veral toe op die herstel van stowe, wasmasjiene, stofsuiers, yskaste en mikrogolfoonde. Hulle doen ook elektriese kontrak-teurswerk, en reik bedradingssertifikate uit. U kan hier ook allerlei elektriese onderdele en ligte vir u huis aankoop.
QUIZ NIGTH AT CHEERS A fun-filled quiz evening was held at Cheers during June. Questions ranged from history to entertainment. The eventual “brains” hailed from Cape Agulhas Backpackers. Second was the Cheers team and third was the team from 2 Oceans Glass and Aluminium. A big thanks to Cape Agulhas Backpackers and Vee’s Videos who so kindly sponsored the prizes. The next quiz evening will be held on 16 July. Contact Gary or Wendy on 0828595577.
KAJAK ROEIER RAAK IN MOEILIKHEID IN STORMSEE Woensdagoggend ongeveer 10h30 het die NSRI van Struisbaai weer ‘n man te hulp gesnel toe hy met sy kajak in die moeilikheid beland het. André Engelbrecht van Vishoek het voor die swemstrand met sy kajak geroei en met die groot swelling van die see het die kajak met water gevul geraak en toe omgedop. Mense by Nostra het gesien die man het probleme en het alarm gemaak en die NSRI is uitgeroep. Een van die om-staanders en ‘n lid van die NSRI het ingeswem om die Engelbrecht te gaan help en is hy veilig na die strand gebring. Die kajak is toe uitgesleep.
LARGE NAUTILUS FOUND Liz Jalving of “The Shell Shop” in Malvern Road, was out walking on the beach near the Nostra when she saw a small portion of an nautilus shell sticking of the sand. On a closer look she discovered a large nautilus hidden mainly in the sand. I measured it at 260 mm x 180 mm. A beautiful specimen. In Desember Johnny van Breda, late of Struisbaai, found a nautilus of 280 mm x 190 mm!
DONKIES, BOBBEJANE EN HONDE ’n Leser skryf die eerste donkie wat geskape is, het opdrag gekry om vyftig jaar te werk en te leef, maar het toe gevra dat ‘n donkielewe net twintig jaar moet wees. Die eerste hond sou vyf en twintig jaar lank ‘n mens se huis oppas en alles moet eet wat hy kry. Die verslae hond het toe gepleit dat dit net tien jaar moet wees. Die eerste bobbejaan se opdrag was om twintig jaar lank van tak tot tak te spring en mense vermaak, maar kon die vooruitsig nie verduur nie. hy het om ‘n bobbejaanlewe van net tien jaar gesmeek. Toe word Adam, die eerste mens gemaak met die opdrag om twintig jaar lank intelligent te lewe as heerser oor alle diere en die wêreld. Adam het gevoel twintig jaar van lekker lewe is te kort en gevra dat die dertig jaar wat die donkie nie wil hê nie, die vyftien jaar wat die hond weggee en die tien jaar wat die bobbejaan weggee, by syne gevoeg word. Van toe af leef die mens twintig jaar soos ‘n mens. Daarna trou hy en werk dertig jaar soos ‘n donkie. Nadat sy kinders uit die huis is, bestee hy vyftien jaar soos ‘n hond deur die huis op te pas en eet wat hy kry. Nadat hy afgetree het, leef hy tien jaar soos ‘n bobbejaan deur van kind tot kind te trek en allerhande snaakse dinge aan te vang om sy kleinkinders te vermaak.
|